Update
GEORGE NUUS - Die drie broers van Parkdene, wat aangekla word van die 2023-moord op Ruduwaan Damons (25) , se uitspraak is gister, Donderdag 5 September, uitgestel tot Dinsdag 22 Oktober.
Die saak was geskeduleer vir uitspraak, maar weens te min tyd kon uit in die hof is die saak weer uitgestel.
Slotbetoë deur die staat, wat deur Brandon Smith verteenwoordig word, en die verdediging, Winston Jansen, is op Donderdag 18 Julie gelewer.
Percival Dickens (28), Sylvester (39) en Jason Pretorius (36) staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade ná Damons in Januarie verlede jaar in Parkdene vermoor is.
Al drie broers is sedert hulle inhegtenisneming in aanhouding.
Die voorval spruit glo uit 'n bakleiery tussen Dickens en die oorledene waarna die ander twee broers ook betrokke geraak het. Damons het ook glo vroeër die dag vir Dickens met 'n panga gedreig.
Met die polisie se aankoms op die toneel in Golfstraat, is die oorledene met steekwonde aan sy bors gevind. Dit was skuins ná 13:00. Die drie verdagtes is later die dag in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Die broers ontken dat hulle beplan het om Damons dood te maak.
Vorige artikels:
- 3 broers se uitspraak in September
- Slotbetoeë in moord-saak dié maand
- Broers van Parkdene op verhoor vir moord
- Slotbetoë in moordsaak môre aangehoor
- Broers se borgtog-lot volgende week in George aangehoor
- Broers se borgtog gaan Maart voort
- Borgtogaansoek uitgestel weens beurtkrag
- Drie broers vas vir moord in Parkdene
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’