GEORGE NUUS - Die drie mans, vermoedelik broers, wat die afgelope naweek in verband met die moord op Ruduwaan Damons (25) in hegtenis geneem is, sal na verwagting môre, 18 Januarie, in die George-hof verskyn.
Damons is Saterdagmiddag, 14 Januarie, doodgesteek.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, is die polisie omstreeks 13:15 na die toneel in Golfstraat uitgeroep. “Met die polisie se aankoms op die toneel is die oorledene met ‘n steekwond aan sy bors gevind. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar,” sê Spies.
Die drie verdagtes, tussen 28 en 35 jaar, is later die dag in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hulle bly in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'