GEORGE NUUS - Outeniqua Dames Aktueel skop die jaar af met hul eerste vergadering op 28 Januarie.
Die tema is, Passie. Sprekers is Nelius van Greunen, bekende boer van George, wat vertel hoe 'n boer passievol bly te midde van die vele boerdery-uitdagings, en Helene Steenkamp van die plaas Groenland by Stellenbosch oor die lewe, passie en uitdagings van 'n boervrou. Karleine Herbst, drama-onderwyser van Hoërskool Outeniqua, gaan die dames met 'n aanbieding oor boerdery vergas.
Die vergadering vind by Emmaüs plaas.
Besoekers is welkom teen R50 en moet asseblief daarop let dat die hekke om 19:00 sluit. 'n Veilige tyd is dus 18:45. Vir meer besonderhede, kontak Magdaleen Smook by 044 873 6568 / 074 977 1986 of Louie Meyer by 044 874 6523 / 084 525 2130.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'