Die ongeluk het in die vroeë oggendure van Donderdag 8 Mei plaasgevind toe 'n Intercape-bus in die berugte Perdeskoendraai op die N12 omgeslaan het.
Nege mense is op die toneel dood en die tiende het 'n kort rukkie later in die hospitaal beswyk.
Die oorledenes:
- Mabothi Ivat Gxokhwe (38) van Hermanus
- Nokwanda Mangxilana (29) van Kaapstad
- Nomfundo Mirriam Ntsondwa (49) van Mosselbaai
- Ntombizodwa Virginia Mali (42) van Kaapstad
- Robert Charles van der Berg (49) van Cradock
- Setyenzwa Patience Gwada (36) van Hermanus
- Siviwe Bangani (27) van Queenstown
- Vuyiseka Glorie Holana (8) van Malmesbury
- Vuyiseka Manangxa (3) van Kaapstad (In die hospitaal oorlede as gevolg van ernstige hoofbeserings) en
- Yolanda Solani (20) van Kaapstad.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'