‘n Bedrag van R350 000 word benodig vir die aankoop van vyf broeikaste, wat R70 000 elk kos.
Dié hospitaal wat pasiënte vanuit die hele Eden-distrik, so wyd as Prins Albert, Beaufort-Wes en Laingsburg bedien, het al talle babas se lewens gered in hul neonatale eenheid. Die grootste bedreiging vir kindersterftes blyk steeds vroeë geboortes te wees.
Broeikaste word egter nie alleenlik vir vroeg gebore babas gebruik nie, maar ook vir babas wat herstel van siektes of ope-rasies.
George-hospitaal het ‘n gemiddeld van 20 babas in hul neonatale eenheid, waar broeikaste hul gewig in goud werd is. Broeikaste word ingespan om saam met kangaroe-moedersorg op ‘n daaglikse basis babas se lewens te red.
Om die Newborn Trust-projek te ondersteun, kan R10 donasies by enige Pick n Pay gemaak word. Koop ‘n geskenkbewys by die toonbank saam met jou kruideniersware, vul die vorm in met jou persoonlike inligting en gooi dit in die gemerkte Newborn Trust-karton by die ingang van die supermark.
Ses gelukkige wenners se name gaan op Maandag, 28 Februarie getrek word vir Pick n Pay-geskenkbewyse ter waarde van R2 000.
Donasies kan ook in die volgende rekening gemaak word:
Newborns Groote Schuur Trust
Claremont-tak
Rekeningnommer: 104 652 5999
Takkode: 104 609
Webtuiste: www.newborns.org.za
Tel: 021 404 6023
.jpg)
Daar is 20 broeikaste in George-hospitaal se neonatale eenheid.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR