Update
UNIONDALE NUUS - Twee boere van die Uniondale-omgewing, Marthinus Loock en Nico Gerber, het vanmiddag vlugtig in die George-landdroshof verskyn.
Die klagtes spruit voort uit twee beweerde skietvoorvalle in die Karoo-dorp Maandag tydens 'n onwettige betoging oor onder andere dienslewering.
Adv. Gert van Niekerk, wat Loock verteenwoordig het bevestig dat die mans verskyn het. Hulle het op aanklag van die beweerde afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n munisipale gebied verskyn.
Hulle is nie gevra om te pleit nie en is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. Hulle moet weer op 29 Julie in die hof verskyn.
Van Niekerk het in opdrag van Gertsner Prokureurs verskyn en Eckardt Brandt het Gerber verteenwoordig.
Verskeie boere van die Uniondale-omgewing het die saak bygewoon.
Lees 'n vorige artikel: 2 Boere vas: Klagtes van poging tot moord
'Ons bring jou die nuutste Uniondale, Tuinroete nuus'