UNIONDALE NUUS - Twee boere van die Uniondale-omgewing is vanaand in hegtenis geneem op klagtes van poging tot moord.
Die klagtes spruit voort uit twee afsonderlike skietvoorvalle in die Karoo-dorp Maandag tydens 'n onwettige betoging oor onder andere dienslewering.
Die verdagtes, onderskeidelik 48 en 49 jaar oud, sal môre na verwagting in die George-landdroshof verskyn. Hulle staar ook klagtes van rig van 'n vuurwapen en onwettige afvuur van 'n vuurwapen in 'n munisipale gebied in die gesig.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het vroeër gesê drie mense het geringe beserings opgedoen in een van die voorvalle waartydens 'n boer van die omgewing op betogers geskiet het.
"Hy en sy gesin was onderweg van hul plaas na die dorp en is na bewering in die pad deur betogers voorgekeer waarna daar 'n onderonsie was. Daar word beweer dat hy skote in die rigting van betogers afgevuur het, " het Pojie gesê.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo nuus'