GEORGE NUUS - Die Pacaltsdorp-speurtak ondersoek ’n saak van poging tot moord na aanleiding van ‘n voorval waarin ‘n 18-jarige slagoffer Sondagaand 6 September in die koshuis van Hoërskool Pacaltsdorp aangerand is.
Volgens adjudant-offisier Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die voorval onder die polisie se aandag gebring. “’n Voorlopige ondersoek is van stapel gestuur, wat daartoe gelei het dat ’n strafsaak vroeër vandag aanhangig gemaak is.”
Die voorval na bewering omstreeks 20:00 by die koshuis plaasgevind. Spies het gesê daar word beweer dat die slagoffer na sy vriend se kamer gegaan het.
’n Argument het ontstaan, waarna hy deur ’n ander leerder aangerand is.
“Die slagoffer het inmekaargesak en is na sy kamer gesleep, waar hy op die vloer gelos is. Hy is op Maandag 7 September na ’n plaaslike mediese fasiliteit geneem vir behandeling,” het Spies gesê.
Die ondersoek na die aangeleentheid duur voort.
Na aanleiding van die voorval, het 'n groep ontstoke inwoners vanoggend, Vrydag 11 September, voor Hoërskool Pacaltsdorp byeengekom om deel te neem aan ’n vreedsame protesaksie teen boelies en geweld in skole.
Lees vorige artikels hier:
- Woede breek uit ná koshuisaanranding by Hoërskool Pacaltsdorp
- Inwoners hou optog voor Hoërskool Pacaltsdorp
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’