Update Video
GEORGE NUUS - 'n Groep ontstoke inwoners is vanoggend, Vrydag 11 September, voor Hoërskool Pacaltsdorp om deel te neem aan ’n vreedsame protesaksie teen boelies en geweld in skole.
Dit volg nadat ’n seun - ’n leerder van die skool - deur ’n medeleerder Sondagaand, 6 September, in ’n koshuiskamer aangerand is.
’n Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei.
Volgens ingeligte bronne was daar vroeg Maandagoggend glo nog ’n bakleiery by die koshuis, waarna een leerder per ambulans hospitaal toe geneem is.
LEES MEER: Inwoners beplan optog na aanranding by koshuis
Die boodskap van vanoggend se optog is duidelik: “Sê nee vir boelies!”.
Ouers en gemeenskasplede het hul misnoë uitgespreek met die manier waarop die situasie deur die hoof hanteer is.
VIDEO: Stanley Lamini aan die woord
VIDEO: Landi Brandt, 'n ouer, praat oor die gedrag van die leerders by Hoërskool Pacaltsdorp.
VIDEO: Skoolhoof Clifton Titus aan die woord voor 'n groep ontstoke ouers. Video's: Michelle Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’