GEORGE NUUS - Inwoners van Canary- en Beerstraat in Rosemoor is behoorlik keelvol vir kabeldiewe wat voortdurend hul krag- en straatligkabels van die pale stroop.
Na die jongste voorvalle Maandag- en Dinsdagaand is 'n blink plan bedink om die aanslae teen te staan.
Hakkiesdraad is om een van die pale gedraai, terwyl 'n sinkplaat om 'n ander paal gevou is. Wyksraadslid Brendon Adams het die buurt geloof vir die unieke oplossing vir hul probleem.
Volgens Adams is die straatligte in Canarystraat al meer as 40 keer vanjaar herstel.
Hakkiesdraad is om hierdie paal gedraai om kabeldiefstal te verhoed.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’