Gallery
GEORGE NUUS - Laerskool Blanco het op 1 Junie die voorreg gehad om Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) te besoek om kos en komberse ter waarde van R5 000 vir die diere te oorhandig.
Die skool sou dit nie kon doen sonder die ouers en leerders se wonderlike ondersteuning en bydraes tydens die maand van Mei nie.
Laerskool Blanco bedank elkeen wat bygedra het tot hierdie suksesvolle projek, wat opreg waardeer word deur die skool en Odin.
FOTOGALERY: Kos en komberse vir Odin
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’