Video
GEORGE VIDEO EN SPORTNUUS -Die Oubos MTB Marathon skop vanoggend af by Laerskool Blanco.
Deelnemers het aan die 75 km, 50 km, 25 km en 10 km fietsrenne in groepe, vanaf 07:00 weggespring.
Die marathon lok jaarliks fietsryentoesiaste oor die hele tuinroete. Vanoggend het jong ryers van Sedgefield en Plettenbergbaai, ook by die geleentheid opgedaag. Weens Covid-19 kon die marathon die afgelope twee jaar nie plaasvind nie. Vanoggend se getalle wys duidelik die behoefte om weer volstoom aan sport deel te neem.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'