GEORGE NUUS - Diegene wat nog nie ingeskryf het nie moet spring om 'n plekkie te verseker vir die Oubos MTB-maraton wat op Saterdag 26 Februarie plaasvind. Hierdie fondsinsamelingsprojek van Laerskool Blanco word geborg deur Earp Construction.
Met fietsroetes wat strek van 'n 10 km-afstand tot 'n bielie van 'n 75 km-afstand word fietsryers van alle fiksheidsvlakke geakkommodeer. ‘n Gesinstap van 5 km is ook op die spyskaart vir diegene wat dinge rustiger wil aanpak.
Inskrywings
Inskrywings kan aanlyn gedoen word by https://www.entryninja.com/events/77284-oubos-mtb-marathon-2022 of in persoon by die skool.
Alle inskrywings sluit vooraf om ‘n opeenhoping van mense te voorkom. Aanlyn inskrywings sluit op 23 Februarie en fisiese inskrywings sal tot en met Vrydag 18 Februarie ontvang word.
Vir navrae kontak Estée Terblanche by 083 775 9762 of Laerskool Blanco by 044 870 7380, of stuur 'n e-pos na estee@blancolaer.co.za.
'n Bospad en 'n fiets - wat meer het jy nodig?
Hierdie leerders het hul liefde vir fietsry as lede van Laerskool Blanco se bergfietsklub ontdek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'