GEORGE NUUS - Die liggaam van Liezel Otto (41), die vrou van die bekende professionele gholfspeler, Hennie Otto (43), is Woensdagmiddag, 17 Junie, in haar ouers se huis in Blue Mountain Village aangetref.
Volgens voorlopige inligting het haar ouers inkopies gaan doen en met hul tuiskoms op haar liggaam afgekom.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie, het die voorval bevestig en gesê geen misdaad word vermoed nie.
'n Woordvoerder van die gesin het gevra dat hul privaatheid en routydperk gerespekteer word.
Otto laat haar man en twee jong seuns van 10 en 14 jaar oud agter.
Sent by the family.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'