GEORGE NUUS - Sowat 40 bejaardes van Blanco is kort voor Kersfees met 'n heerlike ete bederf.
Volgens Jenny Mattys, gemeenskapslid en organiseerder, is dit die 10de jaar wat sy dié ete aanbied.
"Dit het eintlik by my ma begin en nadat sy oorlede is, het ek daarmee voortgegaan. Hierdie jaar is hier eintlik min mense. Daar was al soveel as 100 oumensies wat hier kom eet het," het sy kort na die ete gesê.
Mattys bied elke jaar die ete gratis aan en betaal uit haar eie sak vir al die bestanddele.
Mattys bied elke jaar die ete gratis aan.
Sowat 40 bejaardes van Blanco is kort voor Kersfees met 'n heerlike ete bederf.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'