Update
GEORGE NUUS - Die bedrogsaak teen die voormalige George-raadslid Henry Jones, is uitgestel tot 11 November.
Jones pleit onskuldig op 11 aanklagte van bedrog en 'n klag van diefstal. Hy word onder meer daarvan beskuldig dat hy gesubsidieerde plotte en HOP-huise in Rosedale onwettige verkoop het gedurende sy termyn as portfeuljeraadslid vir behuising.
Die hof is verlede week oor Jones se swak gesondheid ingelig.
Hy is 'n diabeet, hy is gediagnoseer met kolonkanker en het ook 'n hartkwaal. Jones moes verlede week verskeie spesialiste gaan sien.
Die hof het versoek dat 'n verslag met die aard van sy siektetoestand einde verlede week ingedien word, om te bepaal wanneer die saak weer kan voortgaan.
Die verslag was nie teen verlede Vrydag beskikbaar nie en daar is tussen Jones se regsver-teenwoordiger, Kerneels Meyer, en die staatsaanklaer, adv. Xolile Jonas, ooreengekom dat die mediese verslae aan die staat beskikbaar gestel sal word sodra dit ontvang is.
Lees 'n vorige artikel: Siektes vertraag bedrogsaak
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'