GEORGE NUUS - Gert (72) en Marieta Bezuidenhout (68) het op 8 Januarie vanjaar hul vyftigste huweliksherdenking gevier. Hulle is in 1972 getroud.
Die paartjie het destyds by 'n jeugaksievertoning by hul kerk ontmoet. "Voor die vertoning het my pa my ma gevra of sy 'n pruik dra - die beehive was toe hoog mode - en natuurlik het sy nee gesê. Hy sê toe hy wil na die vertoning voel of dit wel 'n pruik is, en as hy reg is, dan moet sy saam met hom inryteater toe gaan. Hy was reg," vertel hul dogter, Bianca Rautenbach.
Hulle het verloof geraak voor die juwelierswinkel in Klerksdorp met 'n verloof- en troupant wat Gert vir R200 op skuld moes koop.
Die hoogtepunte van hul huwelik was die geboorte van hul vier kinders en hegte vriendskappe wat oor die jare opgebou is. Die donker tye wat hulle moes deurstaan, was die dood van twee van hul vier kinders.
"Oor al die jare het ons nie alles gekry wat ons wou hê nie, maar daar was altyd genoeg. Ons advies en grootste geheim is: 'n Belofte is 'n belofte, forever is forever," sê die twee.
Gert en Marieta Bezuidenhout het op gepaste wyse hul huwelik herdenk.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'