Breaking News
GEORGE NUUSFLITS - 'n Bakkie en 'n vragmotor was op die R102 (lughawepad) in 'n ernstige ongeluk betrokke.
Die ongeluk het naby die Outeniqua-navorssingsplaas plaasgevind.
Volgens die bestuurder van die vragmotor (en sy passasier), het die bakkie oor die middelstreep gekom en in hulle vasgery. Ten tye van die ongeluk, was daar geen ander motors op die pad nie.
Een persoon ('n man) is met ernstige beserings deur nooddienste na die hospitaal vervoer.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Een baan van die pad is oop vir verkeer.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar is.
Nooddienste op die toneel. Foto's: Kristy Kolberg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'