Vrydagaand het afgeskop met 'n feestelike seremonie met fakkels en vlae en daarna het almal gesmul aan 'n heerlike feesete.
Die boeredansgroep het gesorg vir 'n uitmuntende vertoning van die kwadriel en daarna is die gedenkplaat deur die hoofleier, prof. Piet Strauss en Esté en Coert Geldenhuys onthul.
Saterdagoggend het almal ten spyte van reën 'n pragtige vlagseremonie voor die burgersentrum gehou waar mnr. Charles Standers, George se burgemeester, en twee raadslede ook teenwoordig was. 'n Kort en kragtige boodskap van die burgemeester het almal geïnspireer voordat die tog voortgesit is in veteraanmotors wat deur die Ou Motorklub geborg is.
Saterdagaand is op tradisionele boeremanier deurgebring met braaivleis, samesang en stories deur Stephan Gericke en Esté Geldenhuys.
Prof. Strauss het Sondag die erediens in die NG Moederkerk gelei.
Die feesnaweek is deur SABC2 se aandnuus gedek.

Radiospraak met die res van die land se Voortrekkers in die braaikamer.