Dit vind komende naweek, van 19 tot 21 Oktober, plaas.
Een van die persone wat die langste betrokke was, is Esté Geldenhuys en haar man Coert. Hulle was vir 21 jaar aan stuur van sake in George en dis ook aan hulle te danke dat die Voortrekkers vandag spog met hulle pragtige saalkompleks. Die egpaar is ook die eregaste by die feesnaweekvieringe.
Enige persone wat gedurende die afgelope 50 jaar betrokke was, hetsy as jeuglid, volwassene of vriend word genooi om die Voortrekkers te kontak sodat hulle na die fees-geleentheid genooi kan word.
Die program vir die naweek sluit 'n fees-ete in waar die hoofleier, Piet Strauss as gasspreker optree, en Coert en Esté Geldenhuys 'n onthullingseremonie sal behartig. Saterdagoggend vind 'n vlagpresentasie voor die George-burgersentrum plaas voordat almal in veteraanmotors vertrek in 'n optog deur George se strate.
Die middag word 'n rit met die Power Van en piekniek in die berg beplan, en die aand word deurgebring met 'n heerlike bring-en-braai, sang en stories van die afgelope 50 jaar.
Sondagoggend trek almal op na die NG Moederkerk waar die hoofleier die erediens sal lei.
Vir navrae en besprekings, bel Gerda Stols by 083 772 8252 of saans by 044 874 6277, of Elaine Keyser by 083 306 8588.

Die Voortrekkers van ouds.