Update
GEORGE NUUS - Die slotbetoë in die saak teen die plaaslike tandarts Ian Venter, is Maandag 18 Februarie, in die George-streekhof aangehoor.
In sy slotbetoë het Venter se regsverteenwoordiger, John Gillespie, korrektiewe toesig voorgestel omdat Venter sy minderjarige kinders se primêre versorger en die gesin se broodwinner is.
Volgens hom is daar niemand anders om na die kinders om te sien sou Venter direkte tronkstraf opgelê word nie.
Staatsaanklaer, Hankie Marx, het geargumenteer dat dit reeds die tweede keer is dat Venter aan 'n seksuele aanklag, waar 'n minderjarige seun betrokke is, skuldig bevind word. "Hoeveel keer moet hy nóg skuldig bevind word voor die hof iets daadwerkliks daaraan doen?"
Vonnisoplegging duur al sedert 11 April 2018 toe Venter skuldig bevind is op aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige ná hy in 2015 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Jo-Anne Barrett, 'n woordvoerder van Woman and Men against Child Abuse (Wamaca), het na hofverrigtinge aan die George Herald gesê dat hulle daarna uitsien om dié saak agter die rug te kry.
“Dit is sy tweede oortreding van ‘n seksuele aard wat duidelik wys dat hy absoluut géén berou het nie. Met sy vorige oortreding het hy ‘n kans gekry om dinge reg te maak. Hy het nie. Hy het sy kinders nou lank genoeg gebruik as ‘n manier om uit die tronk te bly,” sê Barrett.
Die saak dien voor streeklanddros, Francis Makamandela.
Lees vorige artikels:
- Nóg 'n uitstel in tandarts-saak
- Venter-vonnis gaan volgende jaar voort
- Tandarts se vonnis wéér uitgestel
- Ian Venter: Vonnisverrigtinge uitgestel
- Dr Ian Venter: Vonnisoplegging begin
- Streekhofdatum vir tandarts Ian Venter
- Tandarts na streekhof vir minagting
- Tandarts se lot in April bepaal
- Dentist case progression like pulling teeth
- Venter-saak: Uitspraakdatum in 2018 vasgestel
- Opvolg: Ian Venter-saak
- Saak teen Ian Venter uitgestel
- Tandarts volgende week in hof
- Tandarts in hof oor kinder-pasiënte, kry borgtog
- Plaaslike tandarts kry borg
- Plaaslike tandarts vandag weer in hof
- Dr. Ian Venter gearresteer
- Ian Venter-saak wéér uitgestel
- Ian Venter-saak later weer in hof
- Opvolg: Tandarts ontken betasting
- Tandarts ontken betasting
- Ma van tienerseun getuig
- Tandarts-saak: Ma van slagoffer getuig
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'