GEORGE NUUS EN VIDEO - Verteenwoordigers en bestuurslede van die munisipale unie Imatu (Independent Municipal Allied Trade Union) het verlede Vrydag hul 40ste Wes-Kaapse streekkongres vir Imatu in George gehou.
Lede van die Paarl, Worcester, Stellenbosch en Laingsburg was deel van die verrigtinge by Pine Lodge.
Volgens Heidi Coffee, onder president van Imatu (nasionaal), het die unie tans meer as 100 000 lede landswyd, met 'n groeiende ledetal in die Wes-Kaap.
Die provinsiale bestuur het verlede Donderdag, byeengekom en strategiese punte bespreek. Al die unieverteenwoordigers het Vrydag 24 Mei vergader.
"Deel van die agenda was 'n bespreking oor die loon kurwe onderhandelings en die pensioenfonds se herstrukturering wat alle lede raak," het Coffee gesê.
Kyk 'n video hieronder.
Ettiene Bruwer, die provinsiale voorsitter van Imatu, het gesê hy is baie trots op die unie se goeie regsverteenwoordiging. "By die streekkongres gee ons terugvoer oor 40 suksesverhale wat verband hou met arbitrasie en onderhandeling, sowel as die nasionale onderhandeling oor pensioenfondse," het hy gesê.
"Daar heers tans geweldig kommer oor pensioenfondslede se geld wat vir administrasie gebruik en misbruik word."
Plaaslike unieverteenwoordigers is agter, van links: Nolan Noemdoe (voorsitter), Adam Roelfse, Adam Appels, Grant November en Gerrit Goliath. Voor: Jonathan Human, Marco Maswati, Cuan Eddick, Annaline April en Gerty Potts.
Imatu se provinsiale bestuur het verlede Donderdag byeengekom en strategiese punte bespreek. Die 40ste streekkongres vir Imatu in die Wes-Kaap het die volgende dag, Vrydag 24 Mei, plaasgevind. Foto: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'