Update
GEORGE NUUS - Die man wat van die moord op sy vriendin, Mynéll de Jongh (28), verdink word, het Vrydag 18 Januarie, op aanklag van strafbare manslag skuldig gepleit.
Marshall Campbell (30) het erken dat hy De Jongh op 26 Maart 2017 in 'n huis in Hurterstraat, Rosemoor, met 'n mes gesteek het.
Sy het vermoedelik doodgebloei ná sy in haar skouer en kuit, waar die slagaar raakgesny was, gesteek is.
Campbell het in sy verklaring, wat Vrydag deur sy regsverteenwoordiger in die hof op rekord geplaas is, erken dat hy en De Jongh in 'n argument betrokke was waarna hy haar met die mes in haar nek en kuit gesteek het.
Volgens sy verklaring was dit nie met voorbedagte rade nie.
Campbell is op die toneel in hegtenis geneem en is in Junie daardie jaar op borgtog vrygelaat.
Die saak is uitgestel tot 31 Januarie. Sy borgtog is verleng.
Marshall Campbell het verlede Vrydag in die Thembalethu-streekhof op aanklag van strafbare manslag skuldig gepleit.
* The man accused of killing his girlfriend Mynéll de Jongh (28) on 26 March 2017, pleaded guilty to a charge of culpable homicide on Friday 18 January. The court accepted his plea. Marshall Campbell (30) admitted to stabbing de Jongh in a home in Hurter Street, Rosemoor, on 26 March. She bled to death after being stabbed in her shoulder and calf, where the main artery was severed. Campbell, in his statement read by his legal representative in court, admited that he and De Jongh argued and that he stabbed her with a knife. According to his statement, the stabbing was not premeditated.
Lees vorige artikels hier:
- Man skuldig aan strafbare manslag na vriendin se dood
- Moord: Verhoor begin in Januarie
- Moordverdagte het 'nie gevlug nie'
- Polisie op soek na moordverdagte
- Mans voor vir vriendinne se moord
- Jong ma's glo deur kêrels vermoor
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'