GEORGE NUUS - Die man wat sedert 2017 van die moord van sy vriendin, Mynéll de Jongh (28), verdink word het vandag 18 Januarie op 'n klag van strafbare manslag skuldig gepleit.
Marshall Campbell (30) word daarvan aangekla dat hy de Jongh op 26 Maart in 'n huis in Hurterstraat, Rosemoor, vermoor het.
Sy het vermoedelik doodgebloei ná sy in haar skouer en kuit, waar die slagaar raakgesny was, gesteek is.
Campbell is op die toneel in hegtenis geneem en is in Junie daardie jaar op borgtog vrygelaat.
Die saak is uitgestel tot 31 Januarie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'