Update
GEORGE NUUS - Die polisie is op soek na 'n moordverdagte Marshall Campbell (29), wat daarvan verdink word dat hy sy lewensmaat, Mynéll de Jongh (28), in 2017 vermoor het.
Campbell, wat op borgtog vrygelaat is, het versuim om op 24 April vanjaar in die hof te verskyn. 'n Lasbrief vir sy arrestasie is uitgereik. Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die saak op 20 Julie tydelik van die hofrol geskrap totdat die verdagte opgespoor kan word. Sodra die verdagte opgespoor word, sal die saak voortgaan.
"Enigiemand met inligting oor die verdagte, word gevra om sers. Daniël Makonza by 044 803 3302 te skakel of Stop Misdaad by 08600 10111," sê Pojie.
De Jongh se liggaam is op 26 Maart 2017 in 'n huis in Hurterstraat, Rosemoor, gevind. Sy het vermoedelik doodgebloei ná twee steekwonde aan haar skouer en kuit waar die slagaar raakgesny is. Campbell is op die toneel in hegtenis geneem.
* Police are looking for a man, Marshall Campbell (29), who is suspected of murdering his partner, Mynéll de Jongh (28), in 2017. Campbell was released on bail but failed to appear in court on 24 April. A warrant for his arrest has been issued.
The case was temporarily struck off the court roll until the suspect is apprehended.
Die moordverdagte, Marshall Campbell, word deur die polisie gesoek na hy versuim het om in die hof te verskyn.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'