GEORGE NUUS - Die kwessie van rook-inaseming tydens die brande in die Suid-Kaap is opnuut onder die vergrootglas na 'n Facebook-inskywing van 'n bekende prokureur van Knysna, Donald Curtis.
Hy het verlede week op Facebook geskryf dat 'n onafhanklike kenner 'n moniterings-apparaat in Knysna sal aanbring. Die koste beloop R12 000 en mense word genooi om bydraes te maak.
Luidens die inskrywing is die berigte oor die situasie in George skrikwekkend ('horrific'). Die kenner is in George gebaseer en moniteer die situasie. George Herald het verneem dat planne om 'n moniteringsapparaat in Knysna te plaas, laat vaar is. Dit sou blykbaar te lank neem om die toetsapparaaat in Knysna te kry.
Teen die tyd dat die apparaat beskikbaar sou wees, sou van die rook waarskynlik al verdwyn het. 'n Dokter van George wat verkies om anoniem te bly, het gesê tydens die brande is beslis meer pasiënte as gewoonlik vir rookinaseming behandel.
Die Garden Route-distriksmunisipaliteit het by navraag gesê die provinsiale-lugkwaliteitsmoniteringstasie in George toon tans geen oorskrydings van die kriteria besoedelingstowwe, naamlik partikulêre materie, stikstofdioksied, swaeldioksied of osoon nie.
Dus hoef die publiek geensins bekommerd te wees nie. Dit reën die afgelope paar dae en selfs stof behoort nou onder beheer te wees. Daar is 'n permanente moniteringstasie in Sandkraalweg. Voorts is mobiele meettoerusting op Saasveld gebruik en was die vlakke van partikulêre materie binne die standaard. Klagtes is in Knysna en Sedgefield ontvang as gevolg van Geelhoutvlei se biomassahoop wat tans nog smeul.
Hulle is egter besig om die brand daar te blus en die reën sal ook help. George se inwoners behoort nie meer 'n probleem te ondervind nie, maar as mense bekommerd is, moet hulle 'n dokter gaan sien.
According to the Garden Route District Municipality residents of George should no longer experience any breathing problems due to smoke inhalation as the air quality is well within the desired norm.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'