GEORGE NUUS - Pastoor A Amas van die Pinkster Protestante Kerk, Mount Calvary in Parkdene, George, is besig om voor te berei vir 'n fietstoer vanaf die kerk tot by die Pinkster Protestante Kerk, Immanuel Gemeente in Oudtshoorn.
Die fietstoer vind plaas op 1 September en begin om 06:00 die oggend. Pastoor Amas neem self deel aan hierdie fietstoer om fondse in te samel vir 'n plek van aanbidding in Blanco waar applikant pastoor Jeremy Bredenkamp en sy vrou tans werk.
Die afstand na Oudtshoorn is ongeveer 56 km en borgskappe van R100 per kilometer word vir pastoor Amas gevra.
Daar is ook ander gemeentelede wat pastoor Amas gaan ondersteun deur ook aan die fietstoer deel te neem. Pastoor Amas oefen al 'n geruime tyd en die opwinding asook spanning loop hoog onder die gemeentelede en gemeenskap.
Na afloop van die fietstoer word 'n sangfees in Oudtshoorn gehou en op Sondag 2 September word 'n dankseggingsdiens by die Pinkster Protestante Kerk, Mount Calvary, in Parkdene aangebied.
Enigeen wat wil deelneem of vir pastoor Amas wil borg, kan die gemeente se sekretaris, br. Noël Bredenkamp, skakel by 084 627 1205.
Posted on: 06:00 Thu, 23 August 2012
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: