GEORGE NUUS - Die ondersoek na die grusame aanval op vier bejaardes in Hansmoeskraal buite Pacaltsdorp duur voort en geen arrestasies is nog gemaak nie.
Intussen is een van die slagoffers, die huiseienaar se 85-jarige ma, vroeër die week uit die hospitaal ontslaan na 'n heupvervangingsoperasie.
Die huiseienaar (63) is steeds in die hoësorgeenheid in die hospitaal. Die ander twee slagoffers is kort na die aanval uit die hospitaal ontslaan.
Die slagoffers is laatnag op Maandag 15 Januarie in hul huis op die kleinhoewe deur vier mans met wapens oorval en met 'n koevoet aangerand. Ten minste een van die rowers het 'n vuurwapen gehad en die ander messe.
Hulle het op die vlug geslaan met die eienaar se Volkswagen Amarok asook 'n handsak, elektroniese toerusting en kontant. Die voertuig is die volgende dag verlate in Thembalethu gevind.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, oa. William van Schalkwyk skakel by 044 803 9100 of 079 894 1589.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’