Update
GEORGE NUUS - Die uitspraak op die formele geregtelike ondersoek na die dood van George-sakeman, Leon du Randt (56) is Maandagoggend, 24 Oktober, uitgestel tot volgende Maandag omdat die landdros elders verpligtinge gehad het.
'n Dekade ná Du Randt se moord is die ondersoek op Vrydag 12 Augustus voltooi waarna die saak uitgestel is vir uitspraak.
Die ondersoek volg na Du Randt op Valentynsdag in 2012 in sy huis in Meentstraat, Heatherpark, vermoor is.
Sy aanvallers het hom in die vroeë oggendure in sy bed aangeval. Sy liggaam is in die hoofslaapkamer aangetref met verskeie oop wonde aan sy kop.
In daardie stadium was daar nie genoeg bewyse om 'n verdagte te identifiseer nie en die ondersoek het tot Augustus vanjaar geduur.
Du Randt se destydse vrou, Merle, was die oggend van die moord ook in die huis. Sy het glo die honde hoor blaf en opgestaan om ondersoek in te stel waarna sy in 'n gastekamer weggekruip en die polisie per selfoon geskakel het.
Die inbrekers het vermoedelik toegang verkry deur die voordeur wat nie gesluit was nie.
Volgens destydse verklarings is twee skootrekenaars en 'n selfoon gesteel, maar volgens getuienis wat gedurende die geregtelike doodsondersoek in die hof gelewer is, is slegs 'n selfoon gesteel.
Verskeie getuienis is gedurende die ondersoek deur die hof aangehoor waaronder dié van die ondersoekbeampte, Du Randt se destydse vrou, haar huidige man (wat ook 'n goeie vriend van Du Randt was) en een van die Du Randt se dogters.
Judgement on the formal inquest into the death of George businessman, Leon du Randt (56) was postponed on Monday morning, 24 October, until next Monday as the magistrate had commitments elsewhere. A decade after Du Randt's murder, the investigation was completed on Friday 12 August, after which the case was postponed for judgment. The investigation follows Du Randt's murder on Valentine's Day in 2012 in his home in Meent Street, Heather Park. His assailants attacked him in his bed in the early hours of the morning. His body was found in the master bedroom with several open wounds to his head.
Vorige arikels:
- Meentstraat-uitspraak uitgestel
- Meentstraat-moord: Geregtelike doodsondersoek na 'n dekade voltooi
- Nog niks na 2 jaar na moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'