GEORGE NUUS - Die maandelikse stadsraadsvergadering is uitgestel.
Dit volg nadat 'n groep gegriefde inwoners van Thembalethu die raadsaal beset het kort voordat die vergadering sou begin.
Hulle betaal vir krag en is ongelukkig omdat hulle krag ook afgesny is.
Op die oomblik voer hulle samesprekinge met senior munisipale amptenare en raadslede van die ANC en die DA.
Gerrit Pretorius, speaker van die raad, het bevestig dat hy die vergadering uitgestel het na konsultasie met swepe van die partye.
Volgens Pretorius is die inwoners deur 'n raadslid van die ANC gehelp om toegang tot die gehou en raadsaal te kry. Die ANC ontken dit.
Volgens die ANC het die inwoners na die gebou gekom om met die waarnemende munisipale bestuurder te praat.
Raadslede ongelukkig
Raadslede is ongelukkig omdat die raadsvergadering uitgestel is.
Virgill Gericke, PBI-leier het gesê die party het ernstige vrae rondom die wyse waarop die vergadering gereël is. "Ons kan nie verstaan dat wetstoepassers kon toelaat dat die inwoners in die raadsaal kon kom."
Gericke het benadruk die PBI steun die inwoners se strewe na beter dienste.
Gerrit Pretorius het gesê hy wou nie bydra tot die konflik en het probeer beredder wat hy kon.
Stadsraadslede wag buite die raadsaal. Foto: Eugene Gunning
Lees 'n verwante artikel: Power struggle in Thembalethu
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'