Update
GEORGE NUUSFLITS - Die Wilderness-man, Tyrone James (37) wat op 17 Maart 2016 vir dwelmhandel en besit van kinderpornografie in hegtenis geneem is, het vandag skuldig gepleit in die George-streekhof.
Hy is skuldig bevind op 4 aanklagte, waaronder 3 vir die besit van dwelms en een vir die besit van kinderpornografie.
Rekenaartoerusting met 56 822 pornografiese foto's en video's van ondermeer 1-jarige kinders en jonger, is in James se besit gevind.
Hy is in 2016 by 'n padblokkade op die N2-snelweg vir 'n roetine-ondersoek afgetrek waarna die polisie dwelms in sy besit gekry het.
Hy het daarna sy ma van sy selfoon af gebel om sy bakkie te kom haal toe daar 'n kaalfoto van 'n kind op die skerm verskyn het. Die polisie het die foto gesien en op nog beeldmateriaal van kinderpornografie op sy selfoon afgekom.
Die saak is tot 22 Mei vir vonnisoplegging uitgestel.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Lees 'n vorige artikel: Man in hof vir kinderpornografie en dwelms
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'