GEORGE NEWS - Die Kaptein Dikkop Amfiteater is getooi in Kersliggies.
Die aanskakeling deur George-burgemeester Leon van Wyk is vervroeg weens reën en alternatiewe kragtoevoer moes gebruik word weens beurtkrag.
Van Wyk het gesê hoewel dit jammer is dat die fees nie enduit kon gaan nie, is daar dankbaarheid vir die reën in die tyd van droogte.
'n Klompie bittereinders het met hul sambrele die laaste deel van die vermaakprogram bygewoon en gewag vir die groot oomblik.
By die aanskakeling van die liggies, van links: George-toerismehoof Joan Shaw, burgemeester Leon van Wyk en hooforganiseerder Jonathan Fortuin.
Die musikante van Fenatic SA wat die sangkunstenaars begelei het, van links: Will Las, Marco Plaatjies, Alfonso Julies en Eden Windwaai.
Die laaste musieknommers na die aanskakeling van die liggies is uitgevoer deur, van links: Jenovia Muller, Leeray Buys en Mandy Buys.
Plaaslike kunstenaar Gregory Noble (links) het ook opgetree.
Verwante artikel: George liggiesfees skop af
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'