Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die 2022 George Liggiesfees het afgeskop en 'n heerlike feestelike atmosfeer heers by die Kaptein Dikkop Amfiteater in Missionweg in Pacaltsdorp waar dit gehou word.
'n Motreëntjie wat sporadies val demp nie die gees nie.
Die stalletjies kry goeie aftrek en die talentvolle kinderkunstenaars word met groot entoesiasme ontvang onder die jong toeskouers.
Die burgemeester sal om ongeveer 19:45 'n toespraak lewer voordat die liggies aangeskakel word.
FOTOGALERY: George hou liggiesfees
Die hooforganiseerder van die fees, Jonathan Fortuin nooi alle Georgiete om te kom deel in die feestelikheid.
VIDEO - George Liggiesfees 2022 skop af:
Catherine Geduld (links) en haar niggie, Luanne Geduld (regs) geniet die liggiesfees saam met Fizel Mafutu.
Beauty Mpofu, een van die stalletjiehouers, verwelkom verbygangers met 'n glimlag.
Stalletjiehouers Feroza Johnson en Gakeem May hoop op goeie verkope. Jong Ragma Johnson is ook daar om deel te wees van die opwinding.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'