Update
GEORGE NUUS - Die verdagte, Mauro Barends (21), wat daarvan aangekla word dat hy op Kersdag 2020 die 19-jarige Peter-John Meintjies vermoor het, het Dinsdag 26 Januarie vlugtig in die George-landdroshof verskyn.
Die verdagte is in hegtenis geneem kort na die voorval in Rosedale plaasgevind het.
Volgens Meintjies se broer, Denvor, is sy broer aangeval toe hy die aand onderweg was na sy huis nadat hy by 'n vriend gaan kuier het. Hy is na bewering met 'n skerp voorwerp van agter aangeval.
Meintjies het egter in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
"Hulle het eers gepraat van drie wonde, nou hoor ons hy het 10 wonde opgedoen," sê sy broer.
Die verdagte, wat vir regshulp aansoek gedoen het, verskyn weer op 2 Februarie vir sy borgtogaansoek. Hy bly in aanhouding.
The suspect, Mauro Barends (21), who stands accused of the murder of Peter-John Meintjies (19) on Christmas Day 2020, appeared briefly in George Magistrate's Court on Tuesday 26 January. The suspect was arrested shortly after the incident occurred in Rosedale. According to Meintjies' brother, Denvor, his brother was attacked while on his way home after visiting a friend that evening. He was allegedly attacked with a sharp object from behind. Meintjies was rushed to hospital but unfortunately succumbed to multiple wounds. The suspect, who applied for legal aid, will appear again on 2 February for his bail application. He remains in custody.
Vorige artikel: Familie gebroke na seun se sinnelose dood
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'