Update
GEORGE NUUS - Die jongman, Jayden Lee Juries (19) van Pacaltsdorp wat Vrydag in 'n dam agter Harmony Park verdrink het, word eerskomende Saterdag begrawe.
Juries het saam met vriende op die noodlottige warm dag lafenis gesoek toe die voorval plaasgevind het.
Juries het na bewering saam met sy vriende van die oewer van die dam na die ander kant geswem en op pad terug het hy onder die water verdwyn.
Die vermoede bestaan dat hy 'n kramp gekry het, maar die oorsaak van sy dood sal deur 'n nadoodse ondersoek bevestig word.
Kaptein Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het Saterdagoggend bevestig dat 'n geregtelike doodsondersoek gedoen word na aanleiding van die voorval.
‘n Roudiens word vanaand, Dinsdag 12 Desember om 19:00, by die dam waar Juries verdrink het, gehou.
Die begrafnis begin Saterdag 16 Desember om 11:00 by die huis in 5 Chopinstraat en 12:00 by die VGK in Pacaltsdorp.
Jayden laat sy seuntjie Jayron Juries en sy ma Yolandy Juries agter.
Lees 'n vorige artikel: ;19-jarige verdrink
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'