GEORGE NUUSFLITS - 'n Jongman van Pacaltsdorp (19) het gistermiddag in 'n dam agter Harmony Park verdrink terwyl hy en vriende gaan swem het.
Kaptein Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het vanoggend bevestig dat hulle 'n geregtelike doodsdossier geopen het na aanleiding van die voorval.
Die jong man is van Harmony Park.
Die polisie het nie die oorledene se naam bekend gemaak nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'