Geouditeerde ABC-syfers (Audited Bureau of Circulation) wys dat die George Herald die vierde gewildste gemeenskapskoerant in Suid-Afrika is.
Ons weeklikse leserstal is by verre meer as die van Die Burger in dieselfde verspreidingsgebied.
Geouditeerde ABC-syfers wat strek oor die tydperk Julie tot September 2013 wys dat Die Burger in die George, Mosselbaai, Riversdal en Knysna-gebied daagliks slegs 5 192 koerante verkoop. In dieselfde verspreidingsgebied en tydperk verkoop Group Editors
29 337 koerante. Die verkope lyk soos volg: Mossel Bay Advertiser 7 648, Knysna Plett Herald 3 099, Suid Kaap Forum in Riversdal en omgewing 3 761 en die George Herald 14 829. Saam is dit 29 337 koerante in vergelyking met Die Burger se 5 192.
Wat sê hierdie syfers vir ons? Dit sê dat doemprofete wat sê dat koerante gaan uitsterf slegs gedeeltelik reg is.
Nasionale koerante en dagblaaie - ja, maar gemeenskapskoerante - 'n oorweldigende NEE!
Dagblaaie word baie hard geslaan deur digitale nuus en elke drie maande sien ons hulle sirkulasiesyfers drasties daal.
Dit geld egter nie vir gemeenskapskoerante nie. Oor die laaste vier jaar het Group Editors stewig sy stempel op die digitale nuuswêreld afgedruk, maar ons aanlynstrategie het geen effek op ons koerantverkope gehad nie.
Tog word ons webwerwe wyd en syd gelees en ons plaaslike nuus lok meer as 470 000 bladbesoeke per maand - dit is meer as
160 000 individuele besoeke 'n maand. Die George Herald alleen kry oor 200 000 bladbesoeke 'n maand - meer as 66 000 individuele besoeke per maand.*
'n Onlangse opname in ons koerante het gewys dat ons lesers beide mediums gebruik, maar dat die aanlyn formaat ekstra lesers het. Vir enige besigheid is dit dus van groot belang om 'n webteenwoordigheid te hê en te verseker dat jy op papier en aanlyn bemark. Daarom het ons 'n oplossing binne die bereik van almal geskep - 'n sakegids genaamd ONLINE GARDEN ROUTE. Dit pas op enige toestel se skerm, of dit nou 'n Ipad, 'n slimfoon of skootrekenaar is. Jy kan sakeondernemings opspoor deur middel van kate-gorie, dorp of streek. Jy kan ook deurentyd jou grafika, nuus, tariewe of ander inligting opdateer en skakel na jou Facebook-blad. Op die oomblik lys ons meer as 5 000 plaaslike besighede in ons gids en enige onderneming kan basiese inligting gratis oplaai. Maandelikse fooie skop eers in as jy opgradeer na 'n groter formaat met ekstra eienskappe.
Gemeenskapskoerante is hier om te bly en dit is dan ook waarom een van die mees visioenêre mense in die wêreld, sakemagnaat Warren Buffet in 2012 die internasionale mediawêreld laat regop sit het toe hy 28 gemeenskapskoerante vir 344 miljoen dollar gekoop het met die woorde: "Dit is waar die toekoms van koerante lê."
Sy rede? Plaaslike nuus raak jou en jou buurman direk en nuusagentskappe soos Sapa of Reuters verskaf nie inligting oor wie die skool se nuwe rugbykaptein is of dat 'n plaaslike bekende in 'n beskonke toestand op die agtersitplek van sy motor gekry is nie. Daardie storie gemis? Gaan soek dit op georgeherald.com! Net die George Herald kan dit dek - geen ander media bring vir jou al die gemeen-
skapsnuus nie. So, jy kan met 'n geruste hart jou storie of advertensie aan Group Editors se gemeen-skapskoerante en spesifiek die George He-rald toevertrou. Ek eindig met wat Warren Buffet gesê het toe hy tot almal se verbasing Media General in Amerika se dorpskoerante gekoop het: "In Grand Island, Nebraska, everyone is interested in how the football team does. They're interested in who got married. They're maybe even more interested in who got divorced."
Lank lewe ons gemeenskap.
* Volgens Google Analytics Junie - Augustus 2014.

ARTIKEL DEUR ILSE SCHOONRAAD (GEORGE HERALD-REDAKTEUR) EN NICOLE RIMBAULT (GROUP EDITORS-BEDRYFSHOOF
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'