Gallery Update
GEORGE NUUS - Texas Grill in Meadestraat, George, het Amerika met 'n week voorgespring en eer gebring aan die hambur-ger deur hul Triple Monster Burger Challenge op Saterdag 21 Mei.
Eerskomende Saterdag, 28 Mei, word nasionale hamburgerdag in die VSA gevier. Volgens Wikipedia, verorber dié nasie 50 biljoen burgers per jaar.
By Texas Grill het deelnemers aan hul groot-eet-uitdaging hul uiterste bes probeer om 'n burger van 2,5 kg binne 'n uur baas te raak.
Die vleisgedeelte bestaan uit drie 500 g hamburgerfrikkadelle (patties) van 1,5 kg elk. Die res van die burger bestaan uit uieringe, tamatie, kaas, spekrepies, rou uie en 'n reuse gebot-terde broodrolletjie. Vanjaar is besluit om die aartappelskyfies eers uit te los.
FOTOGALERY: Billy 'beat' die Triple Monster Burger
Emil Steyn, oftewel "Billy", het loshande as wenner uitgetree. Steyn het sommer op die koop toe die vorige rekord by verre gebreek en sy monster burger binne 22 minute opgeëet. Die vorige rekord is meer as 40 minute.
Die naaswenner is Bertus van der Berg, met Corné Kruger in die derde plek. Die eerste tien deelnemers wat enduit klaarmaak het pryse ontvang.
Eienaars Lindie en Steve Pawson, wenner Emil Steyn, naaswenner Bertus van der Berg en Corné Kruger in die derde plek.
Nie maklik nie
Op 'n vraag of hy volgende jaar weer sal deelneem het Steyn gesê: "Vir seker nie." Hy het gesê dit was nie altyd maklik nie, en hy het twee keer gevoel hy wil naar raak en dalk die emmertjie gebruik wat aan deelnemers gegee word.
Ook Kruger het gesê dit was die eerste en laaste keer wat hy so iets doen. Maar die naaswenner, Van der Berg, het grappenderwys gesê hy voel eintlik nog so 'n bietjie honger! Die geesdrif en entoesiasme van die toeskouers het feestelikheid aan hierdie geleentheid verleen.
Wenners, borge en eienaars staan vir oulaas vir 'n groepfoto.
Inskrywings het verdubbel
Texas Grill se operasionele bestuurder, Wimpie Stamrood, het gesê vanjaar se inskrywings is dubbel die van verlede jaar, toe die kompetisie vir die eerste keer gehou is: "Dit is die enigste eetkompetisie van hierdie skaal in die Tuinroete en voldoen aan ons slagspreuk: 'Alles is groot in Texas, behalwe die rekening'."
Eienaars Steve en Lindie Pawson het die wenners gelukgewens en die pryse uitgedeel. Borge vir die geleentheid sluit in die Halewood-groep met Buffelsfontein, Watsons-slaghuis, OBC-slaghuis, Distell, Grocery Xpress, Heineken Dansplaas en George Herald.
Diettmar Giewelaar van George Herald maak reg om 'n happie te neem van sy reuseburger. Foto's: Michelle Pienaar
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'