Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Texas Grill op George is ten volle gerat vir hul 2de Triple Monster Burger Challenge wat vanmiddag om 15:00 afskop.
Altesaam 39 deelnemers gaan deelneem aan die gewilde kompetisie wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word.
Die jongste deelnemer is 13-jaar oud en die oudste is in sy vyftigs.
FOTOGALERY: Triple Monster Burger Challenge by Texas Grill
Deelnemers moet probeer om 'n burger van sowat 2,5 kg in totaal baas te raak. Die vleis bestaan uit drie 500g burger patties. Vanjaar is besluit om die aartappelskyfies eers uit te los.
Die eerste tien sal pryse wen, waarvan die top drie die grootste pryse sal ontvang.
Video - Angelique Nel en Maryke Hattingh maak reg vir die "groot eet". Texas Grill op George se Triple Monster Burger Challenge begin teen 15:00 vanmiddag:
VIDEO - Die pret begin! Video: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'