Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die wenner van Texas Grill se Triple Monster Burger Challenge, Emile Steyn, sê hy het eers genoeg burger gehad.
"Dit was nie altyd maklik nie, ek het twee keer gevoel ek wil opgooi," het hy vanmiddag knap na sy rekordtyd van 22 minute gesê.
Ook Corne Kruger, wat die derde plek geneem het, het gesê dit was die eerste en laaste keer wat hy so iets doen. Kruger het merkbaar ongemaklik gelyk nadat sy burger klaar gemaak het.
Maar die tweede plek wenner, Bertus van der Berg, is ene smiles. "Ja wat, ek sal dit weer doen, ek voel eintlik nog so bietjie honger," het hy grappenderwys gesê.
Die geesdrif en entoesiasme van die toeskouers het feestelikheid aan hierdie geleentheid verleen.
Die eerste tien wenners is beloon met pryse wat die etery darem die moeite werd gemaak het.
FOTOGALERY: Billy 'beat' die Triple Monster Burger
Diegene wat hul burgers binne die uur-tydperk volledig opgeëet het, se name word op die "wall of fame" aangebring.
VIDEO - En die wenner is Emile Steyn! Video: Michelle Pienaar
VIDEO - Agterosse kom ook in die kraal. Video: Michelle Pienaar
Sakkie Frans en Diettmar Giewelaar van George Herald is propvol burger.
Vorige artikel: Wie kan dié burger baasraak?
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'