Update
GEORGE NUUS - Die vier mans wat van die 2017-moord op Graham Fielies (37) van New Dawnpark skuldig bevind is, is vroeër vanoggend in die George-streekhof gevonnis.
LEES MEER: Uitspraak in Rosedale-moordsaak
Uitspraak is in Augustus vanjaar gelewer toe die beskuldigdes op aanklag van moord met voorbedagte rade skuldig bevind is.
Johannes Boesak, Ryno Joubert, Hayworth Botha en Daniel Bruiners is vanoggend deur landdros Emma Moloro elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Fielies is Vrydagmiddag, 1 Desember 2017, omstreeks 14:00 deur 'n groep mans in 'n lokval gelei waarna hy aangerand is. Hy het later die aand in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
Die moord is glo voorafgegaan deur 'n voorval waartydens een van die verdagtes se vinger met 'n panga afgekap is. Daar is ook sprake dat Fielies en sy aanvallers oor gebiedsreg gestry het.
LEES MEER: Verdagtes steeds in aanhouding
Die vier veroordeeldes se aansoek om verlof tot appèl sal op 10 Desember aangehoor word. Hulle is deur Winston Jansen van Jansen & Samson Attorneys verteenwoordig en Candice Simon was vir die staat.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'