Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - George Hoërskool se slaagsyfer het gesak van 80,6% in 2021 na 73,1% in 2022. Die skoolhoof, Rodney Cupido, het gesê dis nie wat hulle verwag het nie, maar uitdagings soos die Covid-pandemie het 'n groot impak gehad.
Die skool het egter 'n 100%-slaagsyfer in verskeie vakke gehad waaronder Afrikaans, Engels, rekenaarkunde, verbruikerstudies, dans, drama, musiek en toerisme.
Hy het die leerders wat hul bes gedoen het geprys en almal aangemoedig om hul vaardighede verder te ontwikkel.
VIDEO - George Hoër matrieks behaal 73,1%-slaagsyfer:
Terry-Leigh Appels, Nosipho Makay, Jaylee-Ann Stuurman, Lekesha Appels en Jennifer Isaacs van George Hoërskool is verlig nadat hulle hul uitslae ontvang het. Foto: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'