GEORGE NUUS - Die ondersteuningsafdeling ressorteer onder die direktoraat korporatiewe dienste. Die afdeling het tans 15 sale met drie toesighouers en skoonmakers.
Die George-munisipaliteit het die volgende gemeenskapsale:
- George-burgersentrum (hoofsaal, banketsaal, konferensiesaal)
- Pacaltsdorp-gemeenskapsaal
- Conville-gemeenskapsaal
- Blanco-gemeenskapsaal
- Parkdene-gemeenskapsaal
- Rosemoor-gemeenskapsaal
- Lawaaikamp-gemeenskapsaal
- Thusong-sentrum
- Thembalethu Zone 9-gemeenskapsaal
- Waboomskraal Thusong-sentrum
- Touwsranten-gemeenskapsaal
- Thembalethu (Swanepoel komiteekamer)
- Uniondale-gemeenskapsaal
- Lyonville-gemeenskapsaal
- Haarlem-gemeenskapsaal
Verhurings vir fasiliteite geskied in terme van die raadsbeleid en voorgeskrewe saalprosedure.
‘n Bespreking is slegs geldig indien die betrokke instansie/individu die voorgeskrewe skadedeposito betaal het. Sodanige deposito is terugbetaalbaar nadat ‘n inspeksie, na afloop van die geleentheid toon dat geen skade aan die betrokke fasiliteit gevind is nie.
Terugbetalings geskied deur middel van elektroniese betalings wat geprosesseer word by die kassiere by George-munisipaliteit in Yorkstraat.
Met die bespreking van ‘n fasiliteit word ‘n huurder onmiddellik voorsien met die munisipale verhuringsvoorwaardes en ‘n registrasievorm vir voltooiing.
Die registrasievorm word voltooi in die teenwoordigheid van ‘n amptenaar sowel as die huurder, waar al die logistieke reëlings vir die bespreking bespreek word. ‘n Opsigter word aangewys om gedurende die funksie diens te lewer. Voor en na die funksie word ‘n inspeksielys deur die opsigter nagegaan.
Doelwit van ondersteuningsdienste-afdeling
Die kerndoelwit van die ondersteuningsdienste-afdeling is die effektiewe bestuur van al die gemeenskapsale in George. Die afdeling se take is onder meer:
- Die verhuring van gemeenskapsale.
- Die skoonmaak van die George munisipale hoofgebou asook alle takkantore.
- Die verskaffing van na-uurse ondersteuning aan huurders van die sale.
- Die verskaffing van instandhoudingsdienste vir fasiliteite, George-burgersentrum en alle munisipale afdelings.
Die kontakbesonderhede vir besprekings, is as volg:
Rozendra Thysse, George-munisipaliteit, Posbus 19 of per telefoon by 044 801 9115 en of per e-pos: rsthysse@george.gov.za
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'