Gallery
GEORGE NUUS - Sowat 40 bejaardes van Blanco is vanmiddag, Donderdag 20 Desember, met 'n Kersete bederf.
Volgens Jenny Mattys, gemeenskpslid en organiseerder, is dit die 10de jaar wat sy dié ete aanbied.
"Dit het eintlik by my ma begin en na sy oorlede is het ek daarmee aangegaan. Hierdie jaar is hier eintlik min mense. Daar was al soveel as 100 oumensies wat hier kom eet het," sê sy.
Mattys bied die ete gratis aan en betaal uit haar eie sak vir al die bestandele.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'