GEORGE NUUS - Die SA Verpleegstersraad het vanjaar die land se verpleegkundiges genader om beertjies te brei vir behoeftige kinders om op Mandeladag uit te deel.
George Surgical Centre en Garden Route Eye Clinic het vuur en vlam deelgeneem.
"Ons is oneindig dankbaar vir al die ywerige hande van ons personeel, pasiënte en selfs familie van pasiënte wat die afgelope drie maande deelgeneem het om byna 200 beertjies te maak," sê Saskia Meyer, bemarkingsbestuurder van Surgical Centre.
Hul personeel het die beertjies gaan oorhandig op Mandeladag by die pediatriese en neonatale afdelings van George Provinsiale Hospitaal, asook by die Bethesda-sentrum in George en Optima-sentrum in Pacaltsdorp.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'