Strate word geprioritiseer deur middel van 'n plavleiselbestuursplan wat die toestsand van alle strate aandui.
Hierdie bestuursplan word saamgestel deur die visuele inspeksie van alle strate in George wat dan grafies voorgestel word op 'n sagteware program. Hierdie stelsel prioritiseer dan die strate wat herseël en herbou moet word en koppel 'n beraamde koste aan die werk.
As gevolg van die ouderdom van die padnetwerk is die behoefte aan herseël/herbou baie meer as die geld jaarliks beskikbaar. Dit beteken dat die prioriteitslys verder geëvalueer moet word.
Dit word gedoen deur 'n verdere inspeksie van die strate.
Daar word in ag geneem:
- Verkeersvolume
- Toestand van straat
- Hoeveelheid slaggate herstel in 12 maande
Hierdie lys dien dan voor die siviele dienste komitee en word gevolglik deur die raad goedgekeur.
Gedurende die 2014/15 boekjaar is R5 miljoen bewillig vir die herseël van strate en R4 miljoen vir die herbou van strate.
Verder is 'n bedrag van R6 miljoen beskikbaar gestel vir die herseël van strate op die beplande busroetes. Hierdie geld word aangewend soos per die voorskrifte van die GIPTN-projek.
Verskeie strate word ook tans geseël deur middel van 'n flodderlaag. Hierdie werk word gefinansier uit die onderhoudsbegroting en is daarop gemik om die lewensduurte van die strate te verleng. Dit is 'n normale onderhoudsfunksie en moet nie verwar word met die herseëlprogram nie.
Slaggate word deurentyd herstel vanaf klagtes wat aangemeld word asook in-speksies wat uitgevoer word. Gedurende periodes van hoë reënval is die voorkoms van slaggate baie meer as gevolg van die indring van water deur die asfaltlaag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'