Update Video
GEORGE NUUS & VIDEO - Die alombekende algemene praktisyn van George, dr. Jacques van Staden, het met behulp van 'n klompie medewerkers op Vrydag 10 November 'n suksesvolle veldtog gehou waar Georgiete die geleentheid gehad het om gratis bloedsuiker- en bloeddrukmetings te laat doen.
'n Totaal van 606 mense het van die geleentheid gebruik gemaak wat aangebied is om saam te val met Wêrelddiabetesdag.
Ses nuwe diagnoses van diabetes is gemaak.
'n Groot tent is in Eenheidspark in Yorkstraat opgeslaan vir die doel.
Ondersteuning van verskeie organisasies, waaronder die Mediclinic, verpleegpersoneel van Dis-Chem, die George Lions, 4Life Dietitians en Algoa FM, het gehelp om die dag 'n sukses te maak.
Kyk 'n video:
Van Staden, stigter van die Cycling for Diabetes-fietsryspan, het oor die afgelope paar jaar al 'n paar honderd duisend rand ingesamel sodat langwerkende insulien vir minderbevoorregte kinders met tipe 1 diabetes in die George-area voorsien kan word.
Jayne Turner het gehelp om mense se bloeddruk te neem. Rudolf van Rensburg was een van die besoekers wat wou seker maak syne is binne die gesonde perk.
Hy is in 2016 vir sy bydrae tot die samelewing erken toe hy as die George Herald se inwoner van die jaar aangewys is.
Hierdie span vrywilligers het appels en 'n boekie oor gesonde dieetgewoontes uitgedeel. Van links is Louricia September, Jonathan Botha, Sue-Ellen Spogter en Phumeza Rasi.
Lees 'n vorige artikel: Free diabetes testing till 14:00 today
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'