Gerugte dat die perseel nie aan minimum veiligheidstandaarde voldoen het nie omdat daar nie 'n tweede uitgang (agterdeur) in die winkel is nie, het ook die ronde gedoen. Volgens George-munisipaliteit se kommunikasiebestuurder, Chantel Edwards-Klose sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (Sans) indien die naaste uitgang meer as 45 meter van enige punt op die perseel is, word daar nie 'n tweede uitgang vereis nie. In hierdie geval was 'n tweede uitgang dus nie nodig nie.
