MOSSELBAAI NUUS - Die kiesafdelingshoof van die Demokratiese Alliansie, onderburgemeester Dirk Kotzé, bevestig dat Mosselbaai die beste vertoon het in die pasafgelope provinsiale verkiesing.
"In Mosselbaai, op die provinsiale stem, het die kiesafdeling besonder goed gedoen vergeleke die 2014 kieserstatistiek en dit is verblydend want dit is meeste van toepassing en relevant as barometer vir die komende 2021 verkiesing," sê Kotzé.
In vergelyking met die 2014 verkiesingstatistie, het die DA daarin geslaag om in 2019 'n totaal van 4 605 meer kiesers se steun te werf.
Die ACDP (499), en VF+ (1 149) het ook in ledetal gegroei. Daarenteen het die ANC (-865) en Icosa (-843) steun afgestaan, sê Kotzé.
Die verkiesingskommissie het bevestig dat die stemme van die groter Mosselbaai reeds klaar getel is.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'