• deur doeltreffende ram- en ooibestuur die besetting van ooie geoptimiseer word; en
• Om afsterwing van embrio’s te voorkom moet spanning tydens paring en eerste maand van dragtigheid vermy word, hantering moet dus uitgeskakel word gedurende hierdie periode.
• Dragtigheidsondersoeke kan 42 dae nadat ramme verwyder is, gedoen word. Dis belangrik om meerlinge van eenlinge te skei en die voedingspeil van die meerling ooie opwaarts aan te pas.
• Massaverlies moet verhoed word deur toe te sien dat voedingspeil van ooie korrek is; kan aangevul word met ‘n lek. Navorsing toon dat indien kondisiepunt (3)van ooie vir die volle dragtigheidsperiode konstant gehou kan word die produktiwiteit van die kudde verhoog word.
• Verseker daar is voldoende skaduwee vir ooie in warm dele van land, veral by temperature bo 35 grade C.
• Die hormoon estriool wat deur die plasenta afgeskei word stimuleer uier-ontwikkeling, verhoog bies- en melkproduksie, gee dus ‘n lek wat ryk is aan deurvloei-proteïen.
• Kondisie-punt ooie weekliks, die ideaal is dat ooie gedurende laat dragtigheid 15 tot 18% in liggaamsmassa moet toeneem.
• Die voorsiening van deurvloeiproteïen aan meerling ooie en eerste lam ooie 6 tot 8 weke voor lam, lewer positiewe resultate.
• Mikskeer ooie ten miste 4 weke voor lam, dit maak dit vir die lam makliker om die spene te kry.
• Doseer ooie met Vitamiene A en minerale.
Aspekte van belang gedurende lamtyd en by lakterende ooie
• Waar moontlik lam in kleiner kampies met ooi troppe van 50 of kleiner, dit kan lamvrektes verlaag met tot 7.5%.
• Eenling lakterende ooie moet nie meer as 25-50g in liggaamsmassa per dag verloor nie.
• Meerling lakterende ooie moet nie meer as 60-100g per dag verloor nie.
• Lam verkieslik een- en meerling ooie apart van mekaar asook jong ooitjies.
• Sodra die ooi gelam het raak die voeding van die lam belangrik, om oormatige massaverlies by lakterende ooie te voorkom moet kruipvoer aan lammers voorsien word, veral meerling lammers. Kruipvoer verseker dat lammers vroeër gespeen kan word en dit het weer tot gevolg dat ooie hul kondisie kan verbeter en besettings- persensie vir die daaropvolgende lamseisoen word sodoende verhoog.
• Ooie se melkproduksie piek op 42 dae na lam en neem dan vinnig af, dan moet die lam reeds sterk vreet en is dit ‘n goeie praktyk om diere na ‘n nuwe kamp te skuif.
• Met behulp van die soog- en droogmetode moet ooie wat misluk om ‘n lam te speen, asook ooie wat swak en ligte lammers speen geïdentifieer word. Hierdie swak moeders moet verkieslik bemark word.
• Los boepens lammers by ooie dat die moeders geïdentifieseer kan word en dan geprul kan word. Verkoop verkieslik hierdie lammers saam met die ooie.
Ander belangrike faktore wat ook in ag geneem moet word
Gesonde diere lewer beter produksie en gee gesonder lammers. Verseker jou inenting- en doseer program is op datum en jou kudde is parasiet vry. ‘n Doeltreffende siektevoorkomende gesondheids-program moet gevolg word.
Bestuur jou predatore voor jy begin lam deur lamkampe se heinings na te gaan en te verseker daar is nie ongediertes in jou kampe nie.
Opsomming
Om massa vleis en wol te produseer per hektaar, moet soveel moontlik van bogenoemde stelsels en strategieë gekombineer en toegepas word. Optimum voeding gedurende die verskillende fisiologiese stadiums van die teelooi is noodsaaklik vir ‘n hoë reproduksietempo, hoë lamoorlewing en vinnige lamgroei om te verseker dat die genetiese potensiaal van jou skaapkudde bereik kan word.
Wins word hoofsaaklik deur doeltreffendheid bepaal en nie soseer deur die wol- en vleisprys nie.